Crédits

INTERPRÉTATION
Leah
Leah
Chœurs
Danny Smoke
Danny Smoke
Chœurs
Juan (Floors) Oosthuizen
Juan (Floors) Oosthuizen
Guitare
Johan Vorster
Johan Vorster
Chœurs
COMPOSITION ET PAROLES
Johan Vorster
Johan Vorster
Composition
PRODUCTION ET INGÉNIERIE
Danny Smoke
Danny Smoke
Production

Paroles

Kyk op, ek het dit nodig
Voor ek omdraai en wegloop
Stop my en sê my ek's meer as niks
As jy dink ek oordoen dit
Weet jy hoe jy in my vassit?
Ek het probeer om jou uit te kry
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel
My hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf, voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë, sien jy wat voel ek vir jou?
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Kyk weer, lyk ek vir jou mooier?
Al maak jou oordeel my al hoe seerder
Dit is darem meer as niks
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel
My hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf, voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë, sien jy wat voel ek vir jou?
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Iemand verdien jou
Dalk net soos ek wou
Maar ek staan nou voor jou
Ek is jou golwe, jou diepsee, jou blou
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel
My hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf, voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë, sien jy wat voel ek vir jou?
Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie
Kyk op, ek het dit nodig
Voor ek omdraai en wegloop
Stop my en sê my ek's meer as niks
Written by: Johan Vorster
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...