Paroles

Sagte drippe 'n hemel traan op die dak Wat ek sal gee om net eenmaal aan jou te kan raak Maar warrelwinde van waarheid het my kom haal En ek het reeds betaal As ek my seile span teen die wind Kan ek voel hoe die liefde my lei By die seer en die donker verby Daar is lig aan die einde van donker As ek my seile span teen die nag Kan ek voel hoe die sonlig my kry As jy jou liefde nie gee nie Seil ek by jou verby Reënboog kleure die blou wat dans in jou oë Laat my weer diep in die krag van die liefde laat glo Maar warrelwinde van waarheid het my kom haal En ek het reeds betaal As ek my seile span teen die wind Kan ek voel hoe die liefde my lei By die seer en die donker verby Daar is lig aan die einde van donker As ek my seile span teen die nag Kan ek voel hoe die sonlig my kry As jy jou liefde nie gee nie Seil ek by jou verby Hoe draai die liefde se wind? Ek kon dit nie meer voel nie Sonder die wind wat waai Kan ek dit nie bedoel nie As ek my seile span teen die wind Kan ek voel hoe die liefde my lei By die seer en die donker verby Daar is lig aan die einde van donker As ek my seile span teen die nag Kan ek voel hoe die sonlig my kry As jy jou liefde nie gee nie Seil ek by jou verby
Writer(s): Rudi Claase Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out