Clip vidéo
Clip vidéo
Crédits
INTERPRÉTATION
Theuns Jordaan
Voix principales
COMPOSITION ET PAROLES
Theuns Jordaan
Paroles/Composition
Christof Kotze
Paroles/Composition
Johan Vorster
Paroles/Composition
Paroles
[Verse 1]
Dis die raaisel van die skaakspel
Met die uurglas wat die tyd tel
Die koning stuur kastele
Die perde kry bevele
En die koningin baklei
[Verse 2]
Gooi jou kaarte op die tafel
Laat jou dobbelsteen maar val
Die pionne uitgepak
Die witvlag laat sak
Elke troefkaart in skaakmat
[Verse 3]
Silwer en skoonheid raak oud, maar ons voer nog die oorlog
Ons weet die liefde weeg swaarder as goud, maar die skote klap nog
My liefling, laat sak jou vuiste en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens, deur hierdie oorlog sal ek jou dra
[Verse 4]
Daar's geheime in die legkaart
Daar's besluite by die kruispad
Die wolwe van die skape skei
Die jakkals uit die wingerd kry
En vir jou en my baklei
[Verse 5]
Daar's twee kante van die weegskaal
En 'n koers om te bepaal
Daar's 'n kompas as ons wegraak
'n Anker as dit rofraak
So is ons vir mekaar gemaak
[Verse 6]
Silwer en skoonheid raak oud, maar ons voer nog die oorlog
Ons weet die liefde weeg swaarder as goud, maar die skote klap nog
My liefling, laat sak jou vuiste en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens, deur hierdie oorlog sal ek jou dra
[Verse 7]
Elke tree van die pad jou op my hande dra
Jou deur hierdie storms vat, as die donderweer val, sal ons staan
[Verse 8]
Sien jy, die silwer en skoonheid raak oud, maar ons voer nog die oorlog
Ons weet die liefde weeg swaarder as goud, maar die skote klap nog
My liefling, laat sak jou vuiste en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens, deur hierdie oorlog sal ek jou dra
So lê neer al jou wapens, ek sal jou deur hierdie oorlog dra
Written by: Christof Kotze, Johan Vorster, Theuns Jordaan

