Paroles

Dis drie-uur in die oggend en die melkweg kry nie skaam nie Dis 'n dooie gety van tyd, hy kry nie slaap nie Daar's onkruid in die hemel, miskien te laat om vrae te vra En 'n monster in dieselfde lyf as hy wat asemhaal Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika Sy browns gebleik, Sy oë het geskeur Hy's moeg en hy soek na 'n kroeg of 'n apteek Hy knak nog 'n blik en vat 'n sluk medisyne Want hy's die byl en die boom van sy eie geheime... sy eie geheime Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika Hy't te duur betaal, vir die koue staal Hy't te ver verdwaal, hy't te seer geval Want die skote hou aan klap In die kop van 'n ou soldaat Nog 'n asem in Angola Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika
Writer(s): Francis Grobler, Stiaan Reynierse, Theo Crous Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out