क्रेडिट्स

PERFORMING ARTISTS
Karen Zoid
Karen Zoid
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Karen Zoid
Karen Zoid
Songwriter

गाने

[Verse 1]
Hulle sê ons moet glo
Net soos die kinders
So is hierdie lewe
Dan net vir beginners?
Seuntjies word manne
En gaan sit dan in 'n kroeg
En lyk moeg
[Verse 2]
My seun, jy moet luister as ek vir jou sê
Jy gaan eendag moet veg
Met als wat jy het
Soms gaan jy voel
Wat is die doel?
Genoeg is genoeg
[Chorus]
Ek wil hê jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
[Verse 3]
Hardloop in die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En deel in gesprekke oor al die mooi plekke
Langs die kus
Bly bewus van jouself
Net nie te veel nie
Ook nie te min nie
Maar net nie te veel nie
[Chorus]
Ek wil hê jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
[Verse 4]
En as jy ooit voel
Die lewe's net een groot gesuffer
Reik jou hande uit en help 'n ander
Met minder as jy
Gaan maak iemand bly
Want dan sal jy
[Chorus]
Altyd kan saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
[Verse 5]
Hardloop in die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En as jy haar vind
Is ek bly my kind
Want ek weet
Twee dromers is beter as een
[Outro]
Wil hê jy moet saam sing
Wil hê jy moet saam sing
Ek wil hê jy moet saam sing
My kind
Written by: Karen Zoid
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...