म्यूज़िक वीडियो
म्यूज़िक वीडियो
क्रेडिट्स
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Composer
गाने
[Verse 1]
Vanoggend sien ek weer
Die son het klaar sy plan beraam
Ek hoor steeds jou stem, ek onthou nog jou naam
Net die kaggel is nog hier
Om te luister na my saak
Want ek wonder wat dit is, wat jou vir my
So deksels mooi maak
[Verse 2]
Versigtig om te sê
Dat dit jou oë is
Ek wonder of dit regtig
Net jou mond is
Te bang om te bely
Dat dit jou stem is
En ek weet tog dat dit alles
Maar net buite is
[Chorus]
Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan
Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Want ek's ook maar skaam
[Verse 3]
Die eenvoud van jou naam
Hoor ek in elke geluid
Die mooi staan in jou skoene
Ek het klaar besluit
Dit alles kom nou skielik
So maklik uit
Dis tog net woorde
Maar die pen, was toegesluit
[Verse 4]
Ek weet ek's maar stadig
En jy hou die tyd
Maar wys my jou trane
Wat soos druppels lyk
Onthou nog jou stem
Ek ken jou profiel
Ek't ook in stofpad
En hy's ook verniel
[Chorus]
Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan
Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Luister na my
Net jy sal verstaan
[Outro]
Ek hou ook tyd
En dit stap ook aan
Written by: Theuns Jordaan


