Dari
Lirik
[Chorus]
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys

En hier tussen julle voel ek by die huis
[Verse 1]
Ons het alles wat julle soek, al die beste medisyne
Baie doppe in die week, baby, lees tussen die lyne
Jy weet mos bra, wat joune is, is myne
Ek maak asof ek werk, het jou nou, nou weer buite
Feite, 'n lewe vol slegte besluite
Ek pak die lang pad aan, en wasem op die ruite
Ek is te lank verlore, om so gou weer gevind te word
Geheime op die pad het ook 'n storie in die wind gelos
[Verse 2]
So wie sê as jy ouer raak, dat jy ewe skielik oud is
En wie sê as jy groter is, moet jy ewe skielik focus
So hocus-pocus, fok off, want as ek eers gerope is
Soos harre hout is, en die doppe lekker koud is
Want tussen my vriende is waar ek my geluk vind
Die tye met tjommies wat my, my geluk bring
Die dag wat ek doodval, is die dag wat ek uittree
En as jy my iewers sien sit, kan jy my nog 'n dop gee
[Chorus]
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
En hier tussen julle voel ek by die huis
[Verse 3]
Ek word wakker in die oggend, bier in hand
Koes-koes na die kus toe, see en sand
Met die troubles van die lewe is ek min gespin
En ek reis lekker lig, my bagasie min
Sit my neer waar ek my voete in die grond kan steek
Stuur my weg op my roete, laat my rond beweeg
Waarvan die hart mos vol is, loop die mond van oor
Het die son deur my sondes, met die maan getoor
[Chorus]
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
En hier tussen julle voel ek by die huis
[Verse 4]
Kom staan saam hier voor, en kom dans met my
Want ek's dankbaar elke dag, ek het die kans gekry
Dis hoekom ek elke aand tot laaste bly
En daar's 'n plekkie in my kar, as jy saam wil ry
So dankie my hartjie, 'n soentjie, 'n kaartjie
Hier gestrand tussen die kerk en die parkie
So light maar 'n jointjie, en kraak nog 'n vuur
Want dis lekker, dis lekker, dis tog lekker hier
[Chorus]
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
En hier tussen julle voel ek by die huis
[Verse 5]
Jantjie, kom huistoe, die Kaap is leeg sonder jou
Jantjie, kom huistoe, die Kaap is leeg sonder jou
[Chorus]
Ja, Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
En hier tussen julle voel ek by die huis
[Chorus]
Ja, Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
Gaan staan in die stof, en jou my handjies gewys
Jantjie Volstruis, waar hy kom is hy tuis
En hier tussen julle voel ek by die huis
[Verse 6]
Waar hy kom is hy tuis
Waar hy kom is hy tuis
Written by: Georg Johan de Ridder, Jack Parow, Jacobus Johannes Geldenhuys