Dari

PERFORMING ARTISTS
Jan Blohm
Jan Blohm
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Songwriter

Lirik

[Verse 1]
Jy was beautiful in Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op treine en grafte
En Ou Ford Fairlane se agterseats gevry
En nou's jy en jou man both computer analysts
En laas winter you tried to cut both of your wrists
En nou skryf jy vir my
[Chorus]
Jy kan nie
Jy kan nie
Jy kan nie so iets doen nie
En nooit-ooit weer vir my soen nie
[Verse 2]
En mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy menthol sigarette rook
En al daai sweet-sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet-sweet in my arms lê
[Verse 3]
En die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
En jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
[Chorus]
Ek kan nie
Ek kan nie
Ek kan nie so iets doen nie
Nooit-ooit weer vir jou soen nie
[Verse 4]
En die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan en aan in ry
Tot anderkant ding dong gong
Vir die breakfast waiter in daai gang verby
[Verse 5]
Dit was my wake-up call, my lief
Jy het gesê, Jan, jy's lief vir my
Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
En ek kon nie
[Chorus]
En ek kan nie
Ek kan nie
Ek kan nie so iets doen nie
En nooit-ooit weer vir jou soen nie
[Verse 6]
So my engel
My cabby is fine for love in the rain
En, o, my engel
Jy kan anytime, jy kan anytime
Jy kan anytime my groen trui leen
Written by: Gert Vlok Nel
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...