Dari

PERFORMING ARTISTS
Jay
Jay
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Christoph Kotze
Christoph Kotze
Composer
Ewald Coleske
Ewald Coleske
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Producer

Lirik

Soos die son gaan sak
En alles op die platteland weer stiller raak
Is daar iets in jou en my wat ons meer wakker maak
Dis die stem wat praat
Sal ons ooit weer kan slaap?
En as dit donker raak
En die stad se ligte alles vir ons helder maak
Sien ons die gevaar op elke hoek en straat
Dis die stem wat praat
Sal ons ooit weer kan slaap?
Sê my, hoor jy?
Dis 'n stem wat roep
Sê my, voel jy?
Loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my
Voel jy dit binne jou?
Sê my, hoor jy?
In 'n donker land
Waar die rykste hand bly uitruik na 'n arm hand
Tot die grootste man val op sy knieë en vra vir raad
Hoor jy die stem wat praat?
Wat oor ons almal waak
As ons kinders slaap
En die hemel steek sy kerse vir hul aan die brand
Gee dit my hoop ten minste net vir nog 'n aand
Al wat ek jou vra
Sal ons ooit weer kan slaap?
Sê my, hoor jy?
Dis 'n stem wat roep
Sê my, voel jy?
Loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my
Voel jy dit binne jou?
Sê my, hoor jy?
Sê my, hoor jy?
Dis 'n stem wat roep
Sê my, voel jy?
Loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my
Voel jy dit binne jou?
Sê my, hoor jy?
Sê my, hoor jy?
Hoor die stem wat roep
Sê my, voel jy?
Loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my
Voel jy dit binne jou?
Sê my, hoor jy?
Ek voel dit binne my
Voel jy dit binne jou?
Sê my, hoor jy?
Written by: Christoph Kotze, Ewald Coleske
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...