Dari

PERFORMING ARTISTS
Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Christa Steyn
Christa Steyn
Composer

Lirik

Het jy al gehoor van die storie
van Antjie en haar eggenoot
en die vuisslanery by Hoekombaai
waar die hare soms kon waai
Die liefdesdriehoek het daar begin
sonder dat Antjie dit kon raai
Piet was darem tog die prokureur
maar die tikster was Meraai
Aai Aai Meraai
die tikster van Hoekomnbaai
Aai Aai Aai Meraai
haar liefde het haar verraai
Wel Piet was ryk en het 'n sportkar gehad
en meisies het kamtig kom vra om raad
Antjie het haar kans geduldig afgewag
om hom net één maal op heterdaad te trap
En een aand terwyl die skemer daal
Piet was laat, glo werk om in te haal
het Antjie besluit om 'n draaitjie te gaan ry
en toe vang sy Piet en Meraai aan die vry
Meraai en Piet was sprakeloos
Antjie was regtig baie boos
toe dam sy maar die tweetjies by
'n opstopper kon jy nérens beter kry
Antjie is toe weg sak en pak
Meraai sit vandag nog op die rak
Piet is alleen, hy's afgedank
hy slaap op 'n bank in Joubertpark
Written by: Christa Steyn
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...