Lirik
My liefde vir jou was baie sterk
Ek was baie stil en op my plek
Ek't gesukkel om te weet waar ons staan
Ek was so alleen al was ons saam
Gevoelens en emosies moes ek altyd keer
Maar so het ek dalk my les geleer
Ek het jou soos 'n boek gelees
Jy was nog altyd verveeld
En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet net weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
En ek's klaar probeer om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby
Tussen jou en my
Jou liefde is soos 'n one way street
Jy neem en neem maar ek is klaar
Ek't gesukkel om te weet waar ons staan
Want jy bly uit tot laat in die aand
Gevoelens en emosies moes ek altyd keer
Maar so het ek dalk my les geleer
Ek het jou soos 'n boek gelees
Jy was nog altyd verveeld
En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
En ek's klaar probeer om om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby
Tussen jou en my
Waar was jy gewees toe ek jou hier wou hê?
Nou is ek bevrees, jy het die laaste woord vir my gesê
Waar was jy gewees tot die storms gaan lê?
Nou het ek geleer ek het te veel liefde in jou belê
En ek gee my alles vir jou, en jy neem
Net sonder berou, jy moet weet ek het jou vertrou
Dis verby
Dis verby
En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
En ek's klaar probeer om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby
Tussen jou en my
Written by: W. Greeff

