Crediti

COMPOSITION & LYRICS
Lize Beekman
Lize Beekman
Songwriter

Testi

Dit dan dit , mm, so is dit dan - jy's weg met 'n tas in jou regterhand
'n bril oor jou oë – die son in myne
En ek dink dis beter so
 
Dit dan dit, mm, so is dit dan - my hart in 'n koffer in jou kattebak
Ma' los dit liewer hier – stukkend of nie
Want ek dink dis beter so
 
Maar as jy stilstaan – engel asseblief – by die stopstraat in 10de laan
En as jy kies – engel asseblief – by die kruispad net hier anderkant
Ag, wa' ookal
Engel, ek kry jou da'
As jy vir liefde omdraai
 
Dit dan dit , mm, so is dit dan - my hart in my hande stukkend en bang
Ek en die donker baklei met verlang
En seker moet ek glo dis beter so
 
Ma' dit dan dit – so is dit dan, miskien moet ek dit los en jou laat gaan
Ma' die verstand se taal praat anders as die hart
En ek wil-wil glo dis beter so
 
Maar as jy stilstaan – engel asseblief – by die stopstraat in 10de laan
En as jy kies – engel asseblief – by die kruispad net hier anderkant
Ag, wa' ookal
Engel, ek kry jou da'
As jy vir liefde omdraai
 
Sou jy verdwaal in Parys, of wegraak in China in 'n rietdakhuis
Liefdeloos op 'n ander plek
Laat jou hart jou die pad huistoe wys
 
Maar as jy stilstaan – engel asseblief – by die stopstraat in 10de laan
En as jy kies – engel asseblief – by die kruispad net hier anderkant
Ag, wa' ookal
Engel, ek kry jou da'
As jy vir liefde omdraai
Written by: Lize Beekman
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...