Testi

In watter straat Met die karwagte benoud Sal die engele kom troos? Sal die engele kom sing? In watter buurt Iewers in 'n sinkplaathuis Sal die Heer se kind nog klein Hier by ons gesig kom wys? Koperblasers speel Voor die laaste oop kafee Terwyl kinders juig En kyk hoe word 'N weggooisak 'n vlieër Kyk daardie kind Waaroor almal sing Wat sommer so gering Vir ons weerloosheid bring Kyk daardie kind Waaroor almal sing Wat sommer so gering Vir ons weerloosheid bring Die nag se wind Dra nou kuierstemme rond 'N stukkende bierbottel blink Langs 'n spruit Waar 'n varkoor blom En oor die pad Sleep 'n man 'N reuse sak Wat maar net Na rommel lyk Maar wat 'n nuwe kans gaan kry Selfs in die gemors Hier waar ons so stukkend is En waar hoop so skaars kan word Kom daar ook goedheid hier by ons Kyk daardie kind Waaroor almal sing Wat sommer so gering Vir ons weerloosheid bring Kyk daardie kind Waaroor almal sing Wat sommer so gering Vir ons weerloosheid bring Selfs in die gemors Hier waar ons so stukkend is En waar hoop so skaars kan word Kom daar ook goedheid hier by ons Kom daar ook goedheid hier by ons
Writer(s): Johan Deon Meiring Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out