Crediti
COMPOSITION & LYRICS
Frederick George den Hartog
Songwriter
Jaco Geldenhuys
Songwriter
Zander Tyler
Songwriter
Testi
[Verse 1]
Waarheen gaan ons as ons droom?
Waarheen gaan ons as ons sterf?
Mortaliteit, swart op wit
Ek raak bewus van my verganklikheid
En buite hoor jy breek daar 'n ruit
Soos 'n dief in die nag, is dit jy Vadertyd?
En waarheen gaan ons as ons droom?
Waarheen gaan ons as ons sterf?
[Chorus]
Ek is gebore met die derde oog
Lig my vibrasie, hou my chakra skoon
En daar is dinge wat hier by my spook
Met die wind van agter en genade van bo
Sal ek weer soos 'n kind kan glo?
En wanneer het jy jou verbeelding verloor?
Ek is gebore met die derde oog
Ek is gebore met die derde oog
[Verse 2]
Yo, sê my waarheen gaan ons as ons doodgaan?
Kan ek na 'n party saam klomp strippers op 'n boot gaan?
Ek wil stoot man
Gotman, ek's 'n grotman
Ek wil saam al my tjommies in die dood f*** groot gaan
Buttons rook en selfs al is ek klaar actually dood
Weer f*** doodgaan want ons lewe in 'n matrix
En 5g veroorsaak Corona so stuur my hel toe, nou-nou
Snuif gou-gou OMO want yo ou
Ek het FOMO, sorry ek trip 'n bietjie
Ek's 'n f*** nagadder
[Verse 3]
Leef en laat leef
Jy't 'n heilige gees
Glo wat jy glo
Jy kan wees wie jy wil
Daar's 'n wêreld daar buite
'n Beter plek
'n Strand vol drome wat vir myle strek
Maak oop jou oë want alles gaan oor jou
Oor jou, jou, jou, jou, jou, jou, jou
[Chorus]
Ek is gebore met die derde oog
Lig my vibrasie, hou my chakra skoon
En daar is dinge wat hier by my spook
Met die wind van agter en genade van bo
Sal ek weer soos 'n kind kan glo?
En wanneer het jy jou verbeelding verloor?
Ek is gebore met die derde oog
Ek is gebore met die derde oog
[Verse 4]
Waarheen gaan ons as ons droom?
Waarheen gaan ons as ons sterf?
Mortaliteit, swart op wit
Ek raak gewoond aan my verganklikheid
En buite hoor ek breek daar 'n ruit
Soos 'n dief in die nag, is dit jy Vadertyd?
En waarheen gaan ons as ons droom?
Waarheen gaan ons as ons sterf?
Written by: Frederick George den Hartog, Jaco Geldenhuys, Zander Tyler