album cover
Gloed
album cover
Gloed è stato pubblicato il 4 dicembre 2022 da Spoegwolf (Pty) Ltd. come parte dell'album Dryf
AlbumDryf
4 dicembre 2022
EtichettaSpoegwolf (Pty) Ltd.
BPM107
Melodicità
Acousticità
Valence
Ballabilità
Energia

Testi

[Verse 1]
Ons het met Ackermans se All Stars
Die wintergras gaan loop
Ek het my ma se jeans gedra
Myne was te groot
[Verse 2]
Ons het laat op die bergpad
Die dorp se lig gaan vang
Oh-oh, ons harte was soos nette
Ek sleep dit nou al lank hier saam
Ek swaai dit oor my kop
Jy vra nie dat ek stop nie
[Verse 3]
Jy maak dit maklik
Jy glo ek is goed
Na die bloei kom die gloed
[Verse 4]
Nou's ons "een, twee, drie ek blok myself"
Ons droom van 'n gesin
Ek het 'n boom vir jou geplant
'n akker in die wind
[Verse 5]
Dalk sal ons kinders hul ligte
Hoog in dit kan hang
Ooh, jy roep ons almal binne
Daar's sterre op my wange geverf
Daar's blare op my kop
Jy vra nie dat ons stop nie
[Verse 6]
Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vroeg hier weg
[Verse 7]
Ons gaan oud word en doof word
En al ons haat verleer
Hand aan hand, soos 'n liggiestring
Sterker as die seer
[Verse 8]
Is jy nog sterker as die seer?
[Verse 9]
Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vroeg hier weg
[Verse 10]
Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vroeg hier weg
Written by: Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...