Video musicale

Video musicale

Crediti

PERFORMING ARTISTS
JAN JAN JAN
JAN JAN JAN
Performer
SENSASIE
SENSASIE
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Francois Hayes
Francois Hayes
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
SENSASIE
SENSASIE
Producer

Testi

[Verse 1]
Karolis, Karolis van Dwarskersbos
Is ‘n Weskusklong van so ses voet ses
Sy hande's so groot soos 'n piesangtros
Met sy voete, die trap hy die klippe so los
[Verse 2]
Oh, Karolis, Karolis 'n bul van 'n man
Kan enige ding met sy kaal hande vang
By Sofie, sy meisie, is hy soos 'n lam
Verlief tot sy ore vir haar is hy bang
[PreChorus]
Ja hy hou van die see en ‘n lekker koppie tee
En hy’s lief vir sy Ma en hy’s lief vir sy Pa
[Chorus]
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
[Verse 3]
Karolis, Karolis ag sê tog vir my
Waarvandaan jy daardie paar bakbene kry?
Jy hol soos ‘n haas en nooit word jy lam
Maar vir varkie se kind sal jy nooit nie kan vang
[Verse 4]
Oh, Karolis, Karolis wat maak jy tog nou?
Ek's besig om vir Sofie 'n huisie te bou
Die ring is gekoop en die antwoord was ja
Ek het vreeslik gestotter toe ek haar moes vra
[PreChorus]
Ja hy hou van die see en ‘n lekker koppie tee
En hy’s lief vir sy Ma en hy’s lief vir sy Pa
[Chorus]
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
[Verse 5]
Karolis, Karolis die is toe getroud
Soggens vang hy vis en saans kap hy hout
Die vis word verkoop en die geldjies gespaar
Want een van die dae is Karolsie mos daar
[Verse 6]
Oh, Karolis, Karolis die sit op sy kas
Sy Sofie is so besig om die wasgoed te was
Die wind is te sterk om die see in te vaar
Die mandjie vol wasgoed die moet hy nou dra
[PreChorus]
Ja hy hou van die see en ‘n lekker koppie tee
En hy’s lief vir sy Ma en hy’s lief vir sy Pa
[Chorus]
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy sê hokaai, wag nou, hoe nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
[Outro]
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Written by: Francois Hayes
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...