album cover
Die Toespraak
49
Afrikaans
Die Toespraak è stato pubblicato il 31 ottobre 2025 da David Gresham Records, under exclusive license from Jakkie Louw come parte dell'album Gees
album cover
AlbumGees
Data di uscita31 ottobre 2025
EtichettaDavid Gresham Records, under exclusive license from Jakkie Louw
Melodicità
Acousticità
Valence
Ballabilità
Energia
BPM146

Video musicale

Video musicale

Crediti

PERFORMING ARTISTS
Jakkie Louw
Jakkie Louw
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Jacob Mynhardt Louw
Jacob Mynhardt Louw
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Jakkie Louw
Jakkie Louw
Producer

Testi

[Verse 1]
Welkom my vriende, ek is Jakkie Louw en ek vra 'n oomblik van jou tyd
Die belangrikheid van self liefde is heel bo aan my lys
So dis belangrik om lief te wees
Begin by jouself, jy's immers al wat jy het
Weet wat reg is en wat is verkeerd
Flos jou tande, jy gaan dit mis as dit weg is
Eet reg, meer groente as soet goed
Moet egter nie soet goed opgee nie want dit laat jou goed voel
Matigheid voor oë, te veel sosiale media maak jou lui
Te min lees maak jou ook lui
Wees eerder die doener as die prater
Haal asem en oefen daagliks
Omring jouself met mense wat lief is vir jou
En maak seker hulle weet jy's vir hulle ook lief
Dans as jy kan, dans is lekker en dans of niemand kyk nie
Wees trots op jouself en jou prestasies
Jy is belangrik
Stel jouself altyd voor met jou naam en van
Probeer dit, dit voel goed
Bid, bid is een van die belangrikste goed wat jy kan doen
En weet dat God altyd luister
Wees selfstandig en moenie raad van almal vat nie
Wees versigtig vir mense wat baie raad het
Mense met te veel raad weet waarskynlik min
Wees braaf, verstaan dat vrees net daar is om jou uit lewensgevaarlike situasies te hou
Ander vrees is net in jou kop
Vat kanse, as jy elke dag iets doen wat jou bang maak
Gaan jy groei as mens, dis verseker
Hê 'n opinie
As ander mense 'n opinie mag hê, mag jy ook
Jy's perfek geskape
Moenie te veel aan 'n perfekte lyf verander nie
Luister as wyses praat, dis beter om te luister met twee ore
As om te praat met een mond
Gesels met bejaarde mense, bejaarde mense het al meer gelewe as jy en weet waarskynlik meer
Wees gaaf met 'waiters', gee hulle 'n tip as jy kan
Werk hard, jy kom vêr as jy hard werk
Eet en lewe gesond, 'n gesonde lyf gee 'n gesonde toekoms
Komplimenteer jonger mense
Kinders is ons toekoms, kinders het nodig om te weet hoe spesiaal hulle is
Hulle sal jou voorbeeld volg
Dis egter die heel belangrikste om lief te wees
Liefde is soos 'n ewige lig wat altyd in die donker sal skyn
Moenie te veel stres nie, om te stres is nie goed nie
Stres kan lei tot fisiese siekte
En maak niks nooit beter nie
Te veel son is sleg en te min son is ook sleg
Geniet die reën, reën maak jou nie siek nie, kieme doen
Leer as jy moet leer, rus as jy moet rus
Jou geleerdheid kan nooit van jou af weggevat nie
Dit sal jou laat groei as mens
Eet roomys ss jy gelukkig is en eet roomys as jy hartseer is
Dit werk vir altwee kere
Soen, daar is min dinge lekkerder as soen
Help iemand, elkeen het een of ander tyd hulp nodig
Wees 'n goeie vriend, almal kort 'n goeie vriend maar meeste vergeet om 'n goeie vriend te wees
As jy aan iemand dink, bid vir hulle of bel hulle
Familie is die belangrikste mense in jou lewe
En hulle sal vir altyd daar vir jou wees
Maak jou bed op, dit sal jou leer van die lewe
Aanvaar komplimente en sê dankie
Moet jouself nooit afkraak nie
Die lewe is te kort daarvoor
Wees trots
Wees kreatief
Doen iets wat jou kreatiewiteit uit daag
Inspireer, inspirasie is aansteeklik
Geniet jou lewe, geniet jou lyf, jy's al wat jy het
En wees lief
Dis die belangrikste
Wees lief
Jy is belangrik
Written by: Jacob Mynhardt Louw
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...