Video musicale

Video musicale

Crediti

PERFORMING ARTISTS
Koos Kombuis
Koos Kombuis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Kombuis
Koos Kombuis
Songwriter

Testi

[Verse 1]
Gister was jy my vriend gewees
Toe moes ek in 'n dagblad lees
Jy't my skoonfamilie sleggesê
En jy wil al my spaargeld ook nog hê
[Verse 2]
Jou vierde vrou het jou so pas verlaat
Jy wil nou nooit meer oor haar praat
Dik gerook van die goedkoop zol
Sit en stuur jy e-posse die wêreld vol
[Chorus]
Oh moenie huil nie
Oh moenie ween nie
Oh moenie dink jy is die enigste een nie
Jy was nog nooit rerig alleen nie
Jy was nog nooit in Langstraat
As dit reën nie
As dit reën nie
[Verse 3]
Jy dink mos jy't vreeslik seergekry
Jy glo jy's al ou wat so ly
Maar ek het nuus vir jou
Vanaand, ou maat
Die hele wêreld suffer
In 'n doodloopstraat
[Verse 4]
Daar's orals moord
En oorlog in die nag
Daar's commuters
Wat vir treine wag
Ken jy die hongersnood
In Bangladesh?
Weet jy van mense
Wat in karre crash?
[Chorus]
Oh moenie huil nie
Oh moenie ween nie
Oh moenie dink jy is die enigste een nie
Jy was nog nooit
Rerig alleen nie
Jy was nog nooit
In Langstraat
As dit reen nie
Jy was nog nooit
In Langstraat
As dit reen nie
As dit reen nie
[Verse 5]
Jy't my een keer
Te veel teleurgestel
Ek sal nooit weer jou plaaslyn bel
Die kampvuur lê vol koue as
Daar's dooie kole
Waar ons vriendskap was
[Bridge]
Die lug is nie net
Een soort blou nie
Die heelal
Draai nie net om jou nie
Môre is weer nog 'n dag
Jy het verniet gedink
Jy gaan laaste lag
[Chorus]
Oh moenie huil nie
Oh moenie ween nie
Oh moenie dink jy is die enigste een nie
Jy was nog nooit
Rerig alleen nie
Jy was nog nooit
In Langstraat
As dit reën nie
[Chorus]
Oh nee, jy was nog nooit
In Langstraat
As dit reën nie
Jy was nog nooit
In Langstraat
As dit reën nie
As dit reën nie
Written by: K Kombuis
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...