Testi
[Verse 1]
Pak op, pak op
Sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg
Vêr van hier weg
Skipskop, Skipskop
Wanne hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor
[Verse 2]
Overberg se mens is ek gebore
Op die plek skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine, loop ons se spore
Hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop
[Chorus]
Maar wat ken ek anders
As die bloudam se branders?
Die wolke en die winde wat hier waai
Maar verkoop jou bootjie
Pak op jou goedjies
Maar sê maar so long skipskop
Skipskop sê goodbye
[Verse 3]
Linkerhand, oh, die regterhand
Watse kant lê die plekke, misverstand?
Asseblief meneer, ag sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet môre vat?
[Verse 4]
'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar
Die stukkies van my lewe hulle lê deurmekaar
Tel op vir Shorty en vir Pop
Gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop
[Chorus]
Wat ken ek anders
As die bloudam se branders?
Die wolke en die winde wat hier waai?
Verkoop jou bootjie
Pak op jou goedjies
Sê maar so long skipskop
Skipskop sê goodbye
[Outro]
Sê maar so long skipskop
Skipskop sê goodbye
Written by: David Kramer


