album cover
Wit Lelie
album cover
Wit Lelie è stato pubblicato il 2 ottobre 2026 da Flam Records come parte dell'album Wit Lelie - Single
Data di uscita2 ottobre 2026
EtichettaFlam Records
LinguaEnglish
BPM90
Melodicità
Acousticità
Valence
Ballabilità
Energia

Video musicale

Video musicale

Testi

Ek het jou gesien, die strand weerkaats in jou oë
Die wereld was óns sin, ons energie te veel
So jonk en verlief, dit was vir ewig so
Met die wit lelie in jou hare het jy my hart gesteel
Soos die wereld draai, beweeg ek saam met jou
My hart is met jou liefde omvou
Ons dans, ons draai, ons bou
Die lewe skitter, jy is my droomvrou
Die son wat deur die kerk se deure skyn
Het alles om my laat verdwyn
Die gaste het stil geraak, toe hulle jou daar sien
Wit lelies op die tafels, hoe het ek jou verdien
Soos die wereld draai, beweeg ek saam met jou
My hart is met jou liefde omvou
Ons dans, ons draai, ons trou
Die lewe skitter, jy is my droomvrou
Toe kom ons klein Lilly, met jou oë en jou glimlag
Ek het haar in my arms gehou, en jy het sag gelag
Ons huis vol lewe, geluk en musiek
En in haar klein gesiggie, sien ek jou my lief
Soos die wereld draai, beweeg ek saam met jou
My hart is met jou liefde omvou
Ons dans, ons draai, ons bou
Die lewe skitter, jy is my droomvrou
Die jare was goed, ons familie was heel
Ons het alles gehad, ons het alles gedeel
Nou staan ek voor die gat in die grond
En gooi die wit lelie op jou kis
Soos die wereld draai, beweeg ek sonder jou
My hart in 'n duisend stukke nou
Ek val, ek breek, ek rou
My lewe skud, jy was my droomvrou
Written by: Louis van Niekerk

Loading...