クレジット
PERFORMING ARTISTS
Danny Smoke
Guitar
Raymond Green
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Danny Smoke
Composer
Johan Voster
Composer
Christoph Kotze
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Danny Smoke
Producer
Johan Voster
Producer
Robin Kielly
Producer
歌詞
En êrens in die stilte hoor ek weer die ritme en 'n vreemde taal wat ek herken
Dit raak net al hoe harder en dit trek my nader, ek's verlei
En tussen die gesigte en die neon ligte sien ek iets wat ek nie kan beskryf
Jy maak iets in my wakker, ons altwee weet dit is jou wilde lyf
En as jy dans, as jy dans, sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in, hier's moeilikheid
Jy laat my sweet en als vergeet en jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Jou lyf is soos 'n veldbrand, ek wil dit nie blus want hierdie tipe vuur kan jy nie tem
Tequila oor jou lippe, my hande druk jou heupe teen my lyf
Jou asem in my nek af, vingers oor my lyf draf, jy kan skepe sink net met jou oë
Ek kan dans vir ure, druppels teen die mure, styf teen my
En as jy dans, as jy dans, sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in, hier's moeilikheid
Jy laat my sweet en als vergeet, en jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Jy lei my na 'n stegie waar niemand van ons weet nie en jou oë wil speel en aanhou dans
Musiek raak al hoe sagter, jou lyf praat al hoe harder, werk vir my
My mond gemaak vir joune, kom net op vir asem, jy word in 'n oomblik weggevoer
Daar is niks so sexy soos iemand wat nie weet nie, en dis jy
En as jy dans, as jy dans, sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in, hier's moeilikheid
Jy laat my sweet en als vergeet, en jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou liefkry
Written by: Christoph Kotze, Danny Smoke, Johan Voster

