クレジット
PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Songwriter
歌詞
Soms kan ek niks hoor
Deur die lawaai en wind van voor nie
Ek sit angsbevange op my bed se rand
Hierdie winde waai die stof van gister
Op in my gemoedsregister
Ek trotseer die raaisels van my hart
Sê my waarom kyk jy terug?
Sê my waarom maak jy staat
Op ou herinnerings as die liefde met jou praat?
Sê my hoekom nie probeer?
Sê my hoekom nie laat gaan
Al die vrees van die verlede
As die liefde voor jou staan?
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
Gee ek die leisels dan die oor
En dan bedaar die wind van voor
Ek verstaan die ding van liefde maar so min
Daar is niks wat ek kan doen
Om die verlede te versoen
Vandag is 'n nuut, weer begin
Sê my waarom kyk jy terug?
Sê my waarom maak jy staat
Op ou herinnerings as die liefde met jou praat?
Sê my hoekom nie probeer?
Sê my hoekom nie laat gaan
Al die vrees van die verlede
As die liefde voor jou staan?
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
Sal jou hart jou kompas wees?
En jou helper jou maat?
Sal jou voete op vaste grond wees
As die liefde met jou praat?
En as jy struikel in jou gedagtes
As jy gly uit jou baan
Sal 'n stem jou weer terugroep
Na waar die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
As die liefde voor jou staan
Written by: Robbie Wessels