ミュージックビデオ

特集

クレジット

PERFORMING ARTISTS
Tasché
Tasché
Vocals
Richard Onraet
Richard Onraet
Guitar
Sheldon Graham Yoko
Sheldon Graham Yoko
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Koos Kombuis
Koos Kombuis
Composer
Andre le Roux du Toit
Andre le Roux du Toit
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Richard Onraet
Richard Onraet
Producer

歌詞

Ek het 'n vriendin vêr by die blou see Teen die hang van Tafelberg as die son sak Speel sy die mooiste melodieë Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon en ek drink haar appelkoostee Ek kyk na Kaapstad in die nag Die liggies en die swart, swart see Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier En onder op die sypaadjie sien ek 'n bergie en sy maat Wat staan en opkyk, vêr na bo vanuit die vullis Van Oranjestraat Hulle ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom En lank na 12 met die deure oop al moan die bure ook al hoe Word Lisa elke boemelaar se droom Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier
Writer(s): Andre Le Roux Du Toit, Valiant Swart Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out