クレジット

PERFORMING ARTISTS
Demi Lee Moore
Demi Lee Moore
Vocals
Denny Lalouette
Denny Lalouette
Bass
Arnold Coleske
Arnold Coleske
Conductor
Juan (Floors) Oosthuizen
Juan (Floors) Oosthuizen
Guitar
Devereaux van der Hoven-Oosthuizen
Devereaux van der Hoven-Oosthuizen
Piano
COMPOSITION & LYRICS
Whipple
Whipple
Composer
Gert Van Tonder
Gert Van Tonder
Songwriter
Gyuri Spies
Gyuri Spies
Writer
PRODUCTION & ENGINEERING
Juan (Floors) Oosthuizen
Juan (Floors) Oosthuizen
Producer
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Producer

歌詞

Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen
En ek sê "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees"
Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer pyn
En eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verbaas
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan
En ek sê "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, lieflik"
En sy druk saggies my hand
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien."
Ek gaan by die Skouberg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feëprinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis Sproetjies wat harte so bekoor
En ek sê "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie en die trane in jou oë?
Sproetjies, jy's pragtig"
En ek hou haar teen my vas
Sy sê "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"
Written by: Gert Van Tonder, Gyuri Spies, Sterling Whipple
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...