クレジット
PERFORMING ARTISTS
Koos Du Plessis
Lead Vocals
Various Artists
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
歌詞
Somber Deuntjie
Donker dae, donker aande,
die een net soos die res,
vul die jaar se maande
en die son bly altyd wes.
Die tyd gaan soos n somber seuntjie
voor die deur verby
en hy sing n somber deuntjie
en hy sing dit net vir my.
Somber seuntjie, somber deuntjie, somber somerson.
Ek sou dit wou verander, ek sou as ek maar kon.
As ek kon as ek kon
So min om te onthou en, tog soveel om te vergeet,
want tussen toe en nou lȇ iets waarvan die brein nog weet.
Die huis van purper kamers staan al jare sonder ruit,
met vensters toegehamer en elke deur gesluit.
Somber seuntjie, somber deuntjie, somber somerson.
Ek sou dit wou verander, ek sou as ek maar kon
As ek kon as ek kon
Daar's niks om te verwag nie,
en tog, waarom spot die hoop.
dit bly nie ewig nag nie en
'n Mens moet net bly loop?
Al is die wȇreld donker, al is die pad versper,
ek sien n ver lig flonker en ek wѐѐt dit is my ster.
Al is die wȇreld donker, al is elke pad versper,
Ek sien n vѐr lig flonker en ek gló dit is my ster.
Ek sien n vѐr lig flonker-en ek hóóp dit is my ster.
Written by: Koos Du Plessis