クレジット
PERFORMING ARTISTS
Koos Du Plessis
Lead Vocals
Various Artists
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
歌詞
Edelwyn
Die droeë stok baar helder wingerdblare
gelaaf deur die genade van die reën
Die son se warm troos vloei deur sy are
en son en reën word in die duif weer een.
In hom dra hy die rykheid van die grond,
die deernis van die reën, die gulheid van die son.
En hy bewaar die lig van ouer dae
In donker vate, en hy ken die pyn.
Want eers as hy gebreek is en gelouter,
word hy volmaak helder edelwyn.
Want eers as hy gebreek is en gelouter,
Word hy volmaak helder edelwyn.
Ja, eers as jy gebreek is en gelouter,
Word jy volmaak helder edelwyn.
Written by: Koos Du Plessis