クレジット

PERFORMING ARTISTS
Jack Parow
Jack Parow
Performer
Loki Rothman
Loki Rothman
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Loki Rothman
Loki Rothman
Songwriter
Zander Tyler
Zander Tyler
Songwriter
Helmut Meijer
Helmut Meijer
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Loki Rothman
Loki Rothman
Producer

歌詞

Dis vir jou volk, dis vir jou vrede
Vir jou toekoms, vir jou hede
Los jou haat in die verlede
Vryheid in jou gebede
Dis vir liefde bo gewere
Dis vir pleisters op jou sere
Staan op en gaan tekere
Skop deur die deure
Die's 'n liggie in die donker
Die's vuur en vlam en vonke
Die's mis in die spilonke
Die sout in die wonde
Die's die wit vlag op jou voorstoep
Vir vrae in die rook soek
Dis 'n pleit, dis 'n oproep
Vir dié na vrede opsoek
Die's vir almal wat gebreek voel
Beseer en oopgeskeur voel
As jy voel of als te veel voel
En jy sukkel weer vir deur-pull
Ons almal voel soms eensaam
In die donker moet ons saamstaan
Ons moet optel en aangaan
En teen die wrede opstaan
Hoeveel bloed moet daar wees?
Hoeveel mense gaan oorleef?
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Hoeveel bomme gaan nog val?
Here die wêreld is te mal
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Want die monster wil ons afbreek
Haat teen alles afspreek
Jou woede in jou afmeet
Maar moed moet mos aansteek
As jy voel of als te veel is
Op die punt van n geweer is
Weet dat ons nog hier is
Kom na ons toe om te rus
Arms sal altyd oop wees
Ons liefde altyd groot wees
Die slotte saam jou oopbreek
Die nuwe wêreld oop spreek
As jy vaskyk in die brande
Die as word diamante
En vir seer is daar verbande
Elke wolk het goue rante
Want chaos laat die mal in
Maar liefde bring die kalm
Maak 'n koue hart weer warm
Sonder vreugde is jy arm
So straal jou liefde uit
Ons sal mooi na jou kyk
Want 'n feit bly 'n feit
En dis jy is great
Hoeveel bloed moet daar wees?
Hoeveel mense gaan oorleef?
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Hoeveel bomme gaan nog val?
Here die wêreld is te mal
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Hoeveel bloed moet daar wees?
Hoeveel mense gaan oorleef?
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
Hoeveel bomme gaan nog val?
Here die wêreld is te mal
Hoeveel nommers gaan ek nog lees?
Voor iemand 'n wit vlag opsteek
(Steek dit op)
Written by: Helmut Meijer, Loki Rothman, Zander Tyler
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...