クレジット
PERFORMING ARTISTS
Romanz
Vocal Ensemble
COMPOSITION & LYRICS
Niel Schoombee
Lyrics
歌詞
Hierdie is my laaste song vir jou
Die melodie net soos ek jou onthou
Waar woorde my ontbreek laat note dit weg steek
Want soete klanke help ons mos vergeet
Jy het elke stukkie van jouself gegee
Jy was daar om my trane af te vee
Ek weet jy's nog by my ek voel jou liefde in my
Maar ek wens jy kon net nog 'n rukkie bly
Hierdie is my laaste song vir jou
So sprei jou vlerke oop en los my hand vir nou
Hierdie is my laaste song vir jou
En waar jy ookal gaan
Vat my song en ook my liefde saam
God het jou kom haal
Jy weet ons sal fine wees sonder jou
Jy was die daar daar saam my met my eerste tree
My eerste happie kos vir my gegee
Jou soeintjies was so erg jou woorde was so reg
Met God se woord wys jy vir my die weg
Jy het my geleer dat waarheid altyd wen
Om God te dien en hoe om Hom te ken
Om drome uit te leef die waarheid na te streef
En alke jaar en dag voluit te leef
Hierdie is my laaste song vir jou
(My laaste song vir jou)
So sprei jou vlerke oop en los my hand vir nou
Hierdie is my laaste song vir jou
(My laaste song vir jou)
En waar jy ookal gaan
Vat my song en ook my liefde saam
God het jou kom haal
Jy weet ons sal fine wees sonder jou
Jy het belowe jy kyk altyd mooi na my
(Altyd mooi na my)
Wag vir my tot ons mekaar weer eendag kry
Hierdie is my laaste song vir jou
Die note is eenvoudig net soos jy daarvan hou
Hierdie is my laaste song vir jou
Die harmonie perfek 'n wysie wat jy sal onthou
Ek sing dit nou hierdie laaste song vir jou
Hierdie is my laaste song vir jou
(My laaste song vir jou)
So sprei jou vlerke oop en los my hart vir nou
Hierdie is my laaste song vir jou
(My laaste song vir jou)
En waar jy ookal gaan
Vat my song en ook my liefde saam
God het jou kom haal
Jy weet ons sal fine wees sonder jou
(Sonder jou)
Dis my laaste song vir jou
Written by: Niel Schoombee

