クレジット
PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Composer
歌詞
Al bly ek in die noorde
Altyd luister na my woorde
My vals kitaar akkoorde
Van kleins
Wil my skel oor al my klere
My troos na al my sere
En die wawyd oopstaan deure
Net sy
Wil jy weet waaroor ek treur?
Klop-klop saggies deur my deur
Is my hart nog steeds so seer
Soos laasjaar?
Wil jy weet waaroor ek huil?
Is my kamer nog so vuil?
Sal jy alles kon verruil
Vir liefde?
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Jy't gister weer te veel na ons verlang
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Gister het die griep my weer gevang
In die maan se diepste krater
Los haar eie seer tot later
Les my dors as ek ontwater
Nog steeds
Raak ons die paaie somtyds byster
Altyd naby om te luister
As die duiwel soms kom fluister
In my oor
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Jy't gister weer te veel na ons verlang
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Gister het die griep my weer gevang
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Jy't gister weer te veel na ons verlang
Ek pluk vir jou 'n sonneblom langs die pad
Angeline
Gister het die griep my weer gevang
Written by: Robbie Wessels