크레딧
작곡 및 작사
Akoestiek
작사가 겸 작곡가
가사
Het ek gesoek na jou
Het ek verlang
Was ek stoksielalleen
Gestrand aan die ander kant
Was ek salig onbewus hoe dat ek jou nodig het
Het jy my gekry
Het ek jou gevind
Ek was onseker en bang
Ek het verlang na droë land
Jy is my hawe
As golwe teen die rotse slaan
Jy's my skuiling
As ek nêrens anders het om heen te gaan
Jy's my hemel
Jou naam is my asem
Springgety
En laaggety
Die maan sal verklaar
Deur onweer en mooi weer het ons beloftes gemaak
Dis hier en nou
Sonder huiwer kies ek jou
En kies jy my
Ek was onseker en bang
Ek het verlang na droë land
Jy is my hawe
As golwe teen die rotse slaan
Jy's my skuiling
As ek nêrens anders het om heen te gaan
Jy's my hemel
Jou naam is my asem
Al stap ek deur die storms
Al staan ek in die reën
Al is ek vergete
Weet ek, ek is nooit alleen nie
Met jou aan my sy het ek my anker gekry
Jy is my hawe
As golwe teen die rotse slaan
Jy's my skuiling
As ek nêrens anders het om heen te gaan
Jy's my hemel
Jou naam is my asem
Jou naam is my asem
Jou naam is my asem
Written by: Akoestiek

