뮤직 비디오

뮤직 비디오

크레딧

실연 아티스트
Elizma Theron
Elizma Theron
실연자
작곡 및 작사
Elizma Theron
Elizma Theron
가사
N. Schoombee
N. Schoombee
작곡가
S. Butler
S. Butler
작곡가
프로덕션 및 엔지니어링
Sean Butler
Sean Butler
프로듀서
Robin Kielly
Robin Kielly
프로듀서
Christie Schutte
Christie Schutte
프로듀서
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
프로듀서

가사

Tandeborsels, hare kam
Kos en klere, trane vang
Tugtig, prys en liefde gee
Pleisters plak en neus afvee
Speel en lag, maniere leer
Dis 'n lang dag
Maar mamma kies dit weer
My wiegie liedjie gesing
En julle drome begin
Versigtig gooi ek julle toe
Met 'n sagte kombers
En my gunsteling bybelvers
Daar's koue koffie wat wag
En goeie geselskap na 'n lang dag
Die sterre blink in my moeë oë
Ek vat die hand van die een wat
Nog altyd in my glo, in my glo
En ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie lewe
Hierdie chaos vol gebede
Ek kies dit weer
Ja ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie hede
Gee my rede om te lewe
Ek kies dit weer
Ek smeek vir nog 'n minuut
Want hierdie dag is nog te nuut
Handjies begin vat en voel
Ek hoor giggels onder lakens
Vra wat ek bedoel
Ek maak my oë oop
Daar's klein gesiggies vol hoop
Ek steel 'n soentjie by elke een
Ek dank die hemele dag na dag
Vir hierdie seën
En ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie lewe
Hierdie chaos vol gebede
Ek kies dit weer
Ja ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie hede
Gee my rede om te lewe
Ek kies dit weer
Soms voel ek alleen ja
Met onsekerheid wat broei
Soms moet ek teen wonder
In die donker laatnag stoei
Die stille swye van 'n groter vraag
Is ek 'n goeie ma
As ek op my knieë bly
Weet ek die antwoord is ja
En ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie lewe
Hierdie chaos vol gebede
Ek kies dit weer
Ja ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Hierdie dag hierdie hede
Gee my rede om te lewe
Ek kies dit weer
Ek kies dit weer
Written by: E. Theron, N. Schoombee, S. Butler
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...