크레딧

실연 아티스트
Valiant Swart
Valiant Swart
실연자
작곡 및 작사
Valiant Swart
Valiant Swart
작사가 겸 작곡가

가사

[Verse 1]
Al die paaie wat jy loop
Al die draaie wat jy stap
Al die strikke wat jy aftrap
Al die grond wat jy koop
Gaan sit in jou knieë en die klere aan jou lyf
Klou aan jou treë en trek jou rieme styf
[Verse 2]
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
[Verse 3]
Al die spoke wat jou jaag
Al die spore wat jy trap
Elke keer wat jy ontsnap
Elke hek wat jou vertraag
Skiet wortel in jou bloed en rank tot in jou vuis
En kleef aan elke voet wat jou dra tot by die huis
[Verse 4]
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
[Verse 5]
Jou verlede klou verbete
Aan die veters van jou gewete
[Verse 6]
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Written by: Valiant Swart
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...