크레딧
실연 아티스트
Spoegwolf
실연자
작곡 및 작사
Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
작사가 겸 작곡가
가사
Daar is 'n loerie in die boom
En 'n meisie in die stroom
Ja, die middag het haar blond gemaak
Daar is 'n bottel in my hand
En 'n bier in my hart
Ja, die middag het my swaar gemaak
Kan ek jou kom sien?
Ek dink ek ly
My lewe lank
Aan swaartekrag
Daar is 'n dier in jou kyk
Wat in skaduwee kan eet
En die ruite van my skedel steel
So bleik jou lig my brein
Met jou lyfie gestyn
Maak dit merke in my keel
Kan ek jou kom sien?
Ek dink ek ly
My lewe lank
Aan swaartekrag
Ek gaan jou kom sien
Ek weet jy ly
Ook jou lewe lank
Aan swaartekrag
Daar is 'n spook in die poel
Wat by die stroom afspoel
Ek hoor die monster van die see
Ek gooi boot op die rots
En my hart in my trots
Waterduine vir jou hartseer
Kan maar vir my kom sien
Verdrink en ly
Ons lewens lank
Aan swaartekrag
Liewe Here sien
Ons almal ly
Ons lewens lank
Aan swaartekrag
Liewe Here sien
Ons almal ly
Ons lewens lank
Aan swaartekrag
Liewe Here sien
Ons almal ly
Ons lewens lank
Aan swaartekrag
Written by: Daniel Stephanus Rudolph Du Toit, Lodewyk Wielligh Christiaan Von, Moskou Toit Johan Du

