album cover
Die Ergste
303
Afrikaans
Die Ergste은(는) {albumName} 앨범에 수록된 곡으로 2026년 6월 12일일에 CoolerBox Records에서 발매되었습니다.Die Ergste - Single
album cover
발매일2026년 6월 12일
라벨CoolerBox Records
멜로디에 강한 음악
어쿠스틱 악기 중심
발랑스
춤추기 좋은 음악
에너지
BPM129

뮤직 비디오

뮤직 비디오

크레딧

실연 아티스트
Dian Roux
Dian Roux
실연자
작곡 및 작사
Dian Roux
Dian Roux
작사가 겸 작곡가
프로덕션 및 엔지니어링
Francois Viviers
Francois Viviers
프로듀서

가사

[Verse 1]
Dis warm in Kaapstad
Dis kouer in Bloemfontein
Of so neem ek aan want
Jy's terug by jou ma-hulle se huis
Onthou jy daai aande
Twaalf keer saam besluit?
Tot hier en nie langer
En al het ek laaste woord gekry
[Verse 2]
Vertel ek myself dis 'n fout
En jy's die beste wat ek ooit sal hê
Maar hoe dronker ek raak, raak die bier aan die praat
En vertel als wat ek nooit kon sê
[Chorus]
Jy's vêr te jonk om te sê dis te laat vir verander
Jou kop te verloor om te voel jy's belangrik
Jou ex weer te bel om te sê jy's jammer
Jy's vêr te blind om so laat in die aand te ry
Te dun en te min vir 'n kroeg baklei
So kyk na jouself
Die ergte's nou verby
[Verse 3]
'n Jaar of wat later
Gate's klaar geboor
En hier in die strate
Lê my goue jare voor
So wat as jy weg is
En al was dit my besluit
Verlore gevegte
Bring die beste uit ons uit
[Verse 4]
Sê ek vir my
En maak of ek dit glo
Maar realiteit verwring dit voor my oë
[Chorus]
Jy's vêr te jonk om te sê dis te laat vir verander
Jou kop te verloor om te voel jy's belangrik
Jou ex weer te bel om te sê jy's jammer
Jy's vêr te blind om so laat in die aand te ry
Te dun en te min vir 'n kroeg baklei
So kyk na jouself
Die ergte's nou verby
[Bridge]
Dis laat en ek mis jou hier
Maar dis 'n fout om jou weer te sien
[Chorus]
Ek's vêr te jonk om te sê dis te laat vir verander
My kop te verloor om te voel ek's belangrik
My ex weer te bel om te sê ek's jammer
Jy's vêr te blind om so laat in die aand te ry
Te dun en te min vir 'n kroeg baklei
So kyk na jouself
Die ergte's nou verby
[Outro]
Jy's klaar deur die hel
Dis te laat om terug te kyk
Die ergste's nou verby
Written by: Dian Roux
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...