가사

Jy was Beautiful in Beaufort-Wes En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou En ek en jy het op grafte en op treine Op Ford Fairlane se agterseats gevry En nou is jy en jou man both computer analysts En laas winter, you tried to cut above your wrists En nou skryf jy vir my Jy kan nie meer slaap Nie, nie meer lag Nie, nie meer iets vir jouself doen nie Nee, nooit ooit, weer vir my soen nie Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook Terwyl jy Menthol sigarette rook En al daai "sweet-sweet" dinge vir my sê Terwyl jy sweet, sweet in my arms lê En die presiese woorde ek't presies vergeet Ek onthou net die rook en die sweet In Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel, summer cotton dress Nie meer slaap Nie, nie meer lag Nie, nie meer iets vir jouself doen nie Nee, nooit ooit, weer vir my soen nie En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot Maar jy het een aand skielik vir my weggestoot En in die rearview mirror jou gesig gekyk En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk En daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf En soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf Ek kon nie meer slaap Nie, nie meer lag Nie, nie meer iets vir myself doen nie Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie Die laaste herinnering waaroor ek sing Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry Tot anderkant die ding-dong gong Van die breakfast waiter in die gang verby Dit was my wake-up call my lief Jy het gesê: "Wees asseblief lief vir my" Maar ek't gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon En ek kon nie meer slaap Nie, nie meer lag Nie, nie weer iets ooit reg doen nie Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie Ek kon nie meer slaap Nie, nie meer lag Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie
Writer(s): Gert Vlok Nel Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out