album cover
Jerusalem
1,187
Pop
Jerusalem은(는) {albumName} 앨범에 수록된 곡으로 1986년 10월 27일일에 Gallo Record Company에서 발매되었습니다.Sacred Songs
album cover
발매일1986년 10월 27일
라벨Gallo Record Company
멜로디에 강한 음악
어쿠스틱 악기 중심
발랑스
춤추기 좋은 음악
에너지
BPM68

크레딧

실연 아티스트
Gé Korsten
Gé Korsten
실연자
작곡 및 작사
Stephen Adams
Stephen Adams
가사
Stephen Adams
Stephen Adams
작곡가
Frederick E. Weatherly
Frederick E. Weatherly
작사가 겸 작곡가
Gé Korsten
Gé Korsten
작사가 겸 작곡가

가사

Laasnag het in my drome,
'n wonderbeeld verskyn.
Ek staan in ou Jerusalem
En ek sien die tempel daar.
Ek hoor die sang van kinders,
Net soos 'n Englekoor.
En saam sing hul 'n loflied
Wat self die Heme'le hoor.
En saam sing hul 'n loflied
Wat self die Heme'le hoor.
Jerusalem! Jerusalem,
Sing nou 'n loflied saam.
Hosanna, in die hoogste.
Hosanna, prys Sy naam.
En daar verander toe my droom
En stilte daal daar neer.
Weg is die bly Hosannas,
Geen kinderstemme meer.
Die son het toe verduister,
Die oggend koud en kil.
En die skadu van 'n kruis verrys,
Verrys om ons ontwil.
En die skadu van 'n kruis verrys,
Verrys om ons ontwil.
Jerusalem! Jerusalem,
Sing nou 'n loflied saam.
Hosanna, in die hoogste.
Hosanna, prys Sy naam.
En weer verander die toneel,
'n helder glans verskyn.
Ek sien die heilige stad daar,
Die son begin weer te skyn,
Die poorte word wyd oopgemaak,
Die duister het verdwyn.
En almal kan nou binnegaan,
Geeneen sal buite staan.
'n Nuwe dag het aangebreek,
Die kinders sing weer saam.
Die heil'ge stad Jerusalem
Sal nooit weer kan vergaan.
Die heil'ge stad Jerusalem
Sal nooit weer kan vergaan.
Jerusalem! Jerusalem,
Sing nou 'n loflied saam.
Hosanna, in die hoogste.
Hosanna, prys Sy naam.
Hosanna, in die hoogste.
Hosanna, prys Sy naam.
Written by: Frederick E. Weatherly, Gé Korsten, Stephen Adams
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...