Songteksten

My hart verlang na die stilte Van die wye wuiwende veld Vêr van die stadsgeluide En die klinkende klank van geld Ek is moeg vir die rustelose lewe Van mense wat kom en gaan Ek wil terug na 'n ruimte Waar 'n siel in woon, wat verstaan O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë Ek sien weer die ylbloue berge Daar vêr oor die wester kim En wonder nie meer waarom weemoed, So sag uit my liedere klim O klim op na die grys lug daar bowe Waar die son in die miste kwyn. Want o, ek verlang na die velde Na die ewige sonneskyn O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë O, ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimweë En my drome swem in my oë
Writer(s): Jan Reinder Leonard Van Bruggen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out