Tekst Utworu

Liewe Ouers Ons is twee Suid-Afrikaners in 'n backpacker iewers in Europa in 'n Stad. Ons ken 'n mielie en 'n stroper en 'n John Deer trekker ons het die weer en die kultuur geonderskat. Want hier sit ons in 'n kamer met 'n Ausie en Kiwi en 'n Duitster en Ier en twee Japs. En almal behalwe ek en Stevie bestudeer opgewonde hulle maps Hulle chat oor als wat hul gaan sien, watter museums en watter outydse geboue Ek en Stevie chat oor rugby en oor twee duisend en tien se sokker world cup en sy broer se rowwe troue Maar in ons sak is daar 'n padkaart van 'n hele ander missie Praat nie uit nie dit is konfidensieel Dis 'n Suid-Afrikaanse kompetisie om te ontsnap uit die backpacker perseel. Middernag sopas. Check Balaklawa Kompas. Check. Walkie-talkie toets oor en uit Stevie jy is bravo een move uit Bravo een bravo een kom in. Identifiseer jou posisie Bravo een staan by ek is alreeds in die dak baie stof en ek het bitter swak visie. Liewe ouers hier's 'n rot, hiers 'n rot en hy is groter as 'n dassie. Liewe ouers dis'n rot of nee wag ek sweer dit is 'n dassie. Liewe ouers Meanwhile by die huis is daar 'n spitbraai Iewers langs die Bronkhorstspruitdam Daar is mielies en sosaties en 'n bak slaai, braaibroodjies met tamatie, kaas en ham En die manne staan in speedos om die vuurtjie en bespiegel oor die Hane en die Ausie en die Kiwi Wie was die beste kaptein John Smit of Corné Krige en hul wonder nou hoe gaan dit met ek en Stevie Hulle imagine hoe ons kuier, hoe ons girls op chat met ons rough looks en ons Afrika aksent. Hoe ons outydse geboue en museums verken, Brussels, Brugge en Parys en ook Gent. Maar iewers in Europa in 'n gryserige stad sit 'n bang Suid- Afrikaner in 'n dak Hy mis 'n mielie en 'n stroper sy Jack Russel en sy kat en 'n somer warm Afrika sonsak. Balaklawa kompas check. Kopliggie harnas check. Walkie-talkie toets oor en uit. Ok, ek is Bravo twee move uit. Bravo een bravo een kom in identifiseer jou posisie Bravo een staan by jyt nog nooit so iets gesien nie ek is skyt bang asseblief bel die polisie. Liewe ouers nog 'n rot, nog 'n rot en hy is groter as 'n staffie Liewe ouers dis 'n rot of nee wag ek sweer dit is 'n staffie. Liewe ouers
Writer(s): Robbie Wessels Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out