Kredyty
Tekst Utworu
'n Saadjie van hoop
Van kruip tot loop
Wat sal die toekoms inhou?
Van 'n ma se koue woorde
Tot haar kinders se wonde
Dis seer hoe die lewe ontvou
Die rolprent speel weer dieselfde uit
En hartseer word weer uitgebuit
Ons verhale is almal seer
Ons is mense wat by mekaar kan leer
'n Seun word 'n man
En die man word 'n vrou
Staan almal met arms gevou
Van 'n broer en 'n held
Na 'n liefde vir 'n naald
Met die donker wat hom vashou
Die rolprent speel weer dieselfde uit
En hartseer word weer uitgebuit
En ons verhale is almal seer
Ons is mense wat by mekaar kan leer
'n Vrou se besluit
Word 'n man se verwyt
Die lewensvrug van 'n daad
Van 'n hart so koud
Tot 'n vrou se fout
Twee lewens vol berou
Die rolprent speel weer dieselfde uit
En hartseer word weer uitgebuit
Ons verhale is almal seer
Ons is mense wat by mekaar kan leer
Almal stories met diepte in
En mense smag na 'n vars begin
Vertel jou storie, sonder berou
Die letsels het jou siel gebou
Die begin of die einde
Die lewe is tog joune
Ons kan die goeie behou