Teledysk

Kredyty

PERFORMING ARTISTS
Bittereinder
Bittereinder
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jaco Van Der Merwe
Jaco Van Der Merwe
Composer
Peach van Pletzen
Peach van Pletzen
Composer
Louis Minnaar
Louis Minnaar
Composer

Tekst Utworu

ja-nee ek like hierdie beat kwaai, maar ek's nie kwaad vir jou nie jou hele lewe is net nie 'n musiekvideo nie... homey, die son skyn nie nou nie, bere jou mangkungku want dis duidelik dat jy wil byt maar jy kan nie kou nie jy's nie besig met 'n show nie, gooi ma' weg jou spieëltjie want jy is net nie daai ou nie, die hele ding is flippin phoney ek's nie hier om te moan nie, ek's ma' net lief vir ironie (ha!) ons almal "jaag ons drome" maar ons leef nie in die "nou" nie al die byters wat nie kou nie, en al die bouers wat nie bou nie hoe langer jy nou wegkruip hoe meer gaan niemand van jou hou nie wat ons tog moet soek is die egte teenoorgestelde meet goed aan hul vrugte en herdink bietjie jou helde daar was nog net een Mens wat geleef het sonder foute voel hoe wil daai sondebokke orals oor ons klouter dis die ding wat my uitsit, hoe ons almal altyd blameshift ons kla mekaar maar aan tot die hoop leuens ons almal uitwis hoe kan dit ooit eindig? want ons almal is tog skuldig ek's verplig om te dig oor vergifnis se bevryding jakkals trou met wolf se vrou die druppels word diamante in die sonlig se omvou soek altyd die ligbreek tussen die wolke hoe kan jy die lig meet sonder die donker? ek veg vir 'n balans en dis in kontras wat ek mening soek dis oorlog wat ek voer in elke hoek van my verbeeldingsboek dis veels te vroeg vir lelik spoeg en eintlik is ek redelik moeg om vas te kyk teen elke muur waarteen ek ewig swoeg ek vind my lig in die middel van die nag en dit wil begin klink soos die laaste slag, en sommer so tussen onderstebo-ritme word ek 'n leier in 'n dans vol dowe mense 'n nasie kry altyd leiers wat sy verdien mense wat 'n spieëlbeeld is van wat die hart kan sien daar's 'n baie groter prentjie maar ons gedagtes is so klein dis die wêreld se mooiste liedjie maar ek ken skaars die refrein herskep dit oor en weer met bloed en yster en 'n taal en in daai skaduwee brand Suid-Afrika dis verspot hoe ons regeer word deur vrees wees tevrede met jou lot want dit kan altyd erger wees
Writer(s): Jaco Van Der Merwe, Peach Van Pletzen, Louis Minnaar Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out