Créditos
INTERPRETAÇÃO
Bernoldus Niemand
Vocais principais
COMPOSIÇÃO E LETRA
James Phillips
Composição
Letra
[Verse 1]
Hou my vas, korporaal
Ek's 'n kind skoon verdwaal
Gaan ek weer my tjerrie sien
As ek van die trein afklim?
Ja, sowaar, korporaal
Dis mos swaar, korporaal
[Verse 2]
Ek speel oorlog met my beste dae
Ja ja ja, ek en al my maatjies, bymekaar
Bymekaar
[Verse 3]
Sal so doen, kolonel
Sal nie weier alhoewel
Elke dag is deurgekruis
Een dag nader aan my huis
Hot en haar, korporaal
Ek word naar, korporaal
[Verse 4]
My ou man se eerste kamp is klaar
Ja ja ja, amper al sy maatjies bymekaar
Bymekaaar
[Verse 5]
Oogklappe bring die skoon gewete
Dis my plig dis nie my keuse
Hier sit ek, ek sit en vrek
Dis nie my skuld maar ek hou my bek
[Verse 6]
Sy's my nooi en haar naam is "Min Dae"
Ja ja ja, ek en all my maatjies bymeekaar
Bymekaar, bymekaar
Ja ja ja ja ja ja ja ja
Ja ja ja ja ja ja ja ja, korporaal
[Verse 7]
Ooh-ooh-ooh, ehh
Hou my vas, korporaal
Written by: James Phillips

