Créditos
INTERPRETAÇÃO
Adam Tas
Interpretação
Carlé Van Deventer
Interpretação
COMPOSIÇÃO E LETRA
Adam Tas
Composição
PRODUÇÃO E ENGENHARIA
Christie Schutte
Produção
Letra
O, begrawe my halflyf oor die hoogwatermerk
En kap albei my hande af, want hulle het nou klaar gewerk
O en gooi vir my 'n dop, o, met drie blokke ys
En kom sit hier langs my dat ek jou die saligheid kan wys
Ek het jare lank vir die man moes werk vir 'n paycheck en 'n mooi somer
My belasting betaal, maar die keiser was kaal
En hy het alles uitgemors
Terwyl die mense van my land loop en vrek van die dors
Vra die Ligtoring Man of Hy, Sy mishoring sal blaas
Want daar's klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die Ligtoring Man of Hy, Sy kers op my sal skyn
Want daar's meermin in die waters en spoke in my wyn
Ek wys my ou hart en begrawe hom in die sand
Sodat geen kaart of mens hom ooit weer daar sal land
En ek drink my sopie stadig soos die son sak oor die see
En ek wag vir springgety om my spore weg te vee
Daar's 'n donker wolk op die horison
Daar lê silwer ons weer raad
Die seisoene draai soos haaie om jou maag se wand
En ek vra om vergifnis vir die dade wat ek pleeg
Want ek's net bloed en vlees
Vra die Ligtoring Man of Hy, Sy mishoring sal blaas
Want daar's klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die Ligtoring Man of Hy, Sy kers op my sal skyn
Want daar's meermin in die waters en spoke in my wyn
Vra die Ligtoring Man of Hy, Sy mishoring sal blaas
Want daar's klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die Ligtoring Man of Hy Sy kers op my sal skyn
Want daar's meermin in die waters en spoke in my wyn
Written by: Adam Tas

