Top de canções de Stiaan Reynierse
Créditos
PERFORMING ARTISTS
Stiaan Reynierse
Lead Vocals
Theo Crous
Electric Guitar
Jorik Pienaar
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Stiaan Reynierse
Songwriter
Francis Grobler
Songwriter
Theo Crous
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Theo Crous
Producer
Letra
Dis drie-uur in die oggend en die melkweg kry nie skaam nie
Dis 'n dooie gety van tyd, hy kry nie slaap nie
Daar's onkruid in die hemel, miskien te laat om vrae te vra
En 'n monster in dieselfde lyf as hy wat asemhaal
Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika
Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra
Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood
Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika
Sy browns gebleik, Sy oë het geskeur
Hy's moeg en hy soek na 'n kroeg of 'n apteek
Hy knak nog 'n blik en vat 'n sluk medisyne
Want hy's die byl en die boom van sy eie geheime... sy eie geheime
Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika
Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra
Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood
Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika
Hy't te duur betaal, vir die koue staal
Hy't te ver verdwaal, hy't te seer geval
Want die skote hou aan klap
In die kop van 'n ou soldaat
Nog 'n asem in Angola
Maar iewers, ja iewers, iewers in Afrika
Is daar niemand wat namens hom vergifnis vra
Want hy weet hoe ruik die dood, verstik in sy eie lood
Nog 'n asem in Angola, iewers in Afrika
Writer(s): Francis Grobler, Stiaan Reynierse, Theo Crous
Lyrics powered by www.musixmatch.com