Letra

jy wat jou op die wysheid roem wie sou jy die swerwer noem: die een wat sonder afskeid ry of sy wat eensaam agter bly? of wie? wie sou die ware swerwer wees die een wat reis, die een wat lees die enk'ling op sy slentergang of elkeen wat na iets verlang of wie? wie sou die ware swerwer wees: die een te voet, die een in gees die een wat deur die ver land stryk of hy wat deur die rookmis kyk? of wie? jy wat jou op die wysheid roem wie sou jy die swerwer noem: die een met tas en reisbiljet of elkeen wat nog drome het? of wie?
Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out