Слова

Woorde kom na my toe as jy slaap En my arm lam maak Dink jy, jy sal nog een keer al daai goedjies uit jou tas pak En my laat voel dat ek ook saak maak. Dis nie lekker om vir jou bye te sê nie Dis nie wat ek wil hê nie Ek dink ek sal dalk vir 'n hele dag net in jou oë kan staar Indien jy my toe sou laat Wat as ek van jou mure vlek Ek sal my voete vir jou rou stap Ek sal my oë ook vir jou blind maak So lank jy net daardie laaste soen vir my alleen sal uithou Sal ek daai sirkel met my hande bou Want dis nie lekker om vir jou bye te sê nie Dis nie wat ek wil hê nie Ek dink ek sal dalk vir 'n hele dag net in jou oë kan staar Indien jy my toe sou laat Kan ons nou maar ons kanse waag Ons het niks om te verloor nie Behalwe een-miljoen stories Weet jy dat wanneer jy aan my vat Jy die gevoel van 'n huis skep En my lewe oor en oor red Dis nie lekker om vir jou bye te sê nie Dis nie wat ek wil hê nie Ek dink ek sal dalk vir 'n hele dag net in jou oë kan staar Indien jy my toe sou laat Woorde kom na my toe as jy slaap En my arm lam maak
Writer(s): Herman Kleinhans Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out