Создатели
Слова
Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind
Hoor jy meisie met die sweetvoshare
Verstaan jy die praat van die rankie snare
Ek is verlief op jou kind
Lappa lei vir Bella koud in Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout
Met Hanepootse natrossies
Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir jou my voshaarnooi meisiekind
Written by: Louis van Rensburg

