Слова

Laat ons nie praat nie, die tyd is verby, Niemand is kwaad nie en albei is vry. Kom kyk deur die ruite, die nag staan in blom, Woorde hoort buite, want hartseer is stom. Lê jou kop hier teen my skouer Laat jou hart sy paaie gaan Stilweg word ons wys en ouer Eendag sal ons dalk verstaan. Maar tot die ryp kraak onder skoene Wat geen ander haard of tuiskoms ken Gun ek my nog visioene Van een wat die hele wêreld wen. Jy hoor my nie meer nie, ek sê maar totsiens Ek sal jou nie steur nie, ek loop ongesiens, Want jy is in oorde waar drome nog blom, Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom. En jy is in oorde waar drome nog blom, Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom
Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out