Credits
PERFORMING ARTISTS
Juanita du Plessis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Juanita du Plessis
Songwriter
Gerke
Songwriter
Ferreira
Songwriter
Lyrics
Jy glimlag so breedt as jy my vriendelik groet
Jy lyk tog so self-versekerd
Met die wêreld aan jou voete voel jy soos 'n reus
Bly die lewe 'n fees
As teëspoed jou tref dan skeel dit jou min
Dit lyk of jy dans as jy loop
Ek kon dit nooit verstaan nie
Ek moes die antwoord hê en toe hoor ek jou sê
My Pa is die Koning van die heelal, jy weet
En kom wat wil, ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, dit maak my 'n prinses
Die lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie, dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning, onthou
Hoe moes ek nou voel, ek wens ek was jy
Maar ek's net 'n gewone vrou
Dit klink so onregverdig
Om 'n Koning te hê vir wie jy bak en sê
Toe't jy my genooi, jy sê kom luister nou mooi
Hoe kan jy tog so gou vergeet
Ons is mede-erfgename
En toe ek my kon kry, toe sê jy vir my
Jou Pa is die Koning van die heelal, jy weet
En kom wat wil, jy moet dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Jy's die Koning se kind, ja, dit maak jou 'n prins
Die lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is jy bang nie of wat sê ek nou
Jou Pa is die Koning, onthou
My Pa is die Koning van die heelal, jy weet
En kom wat wil, ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, dit maak my 'n prinses
Die lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie of wat sê ek nou
My Pa is die Koning, onthou
My Pa is die Koning, onthou
My Pa is die Koning, onthou
Written by: Ferreira, Gerke, Juanita du Plessis