Lyrics

Hierdie dag belangrik, my lief. Die foto's in my hand het my oë bedrieg. Hier was jy nog in die gradeklas. Klein haarbekkie met handjies skoon gewas. Hier jou kleinboet, hy kon jou so pla. Geduld word mos van ma's gevra. Hier nou met die afskeidsdans. Jou rok so mooi, oë sterreglans. Vandag is jou troudag my meisie. Jy word 'n vrou my kind. Mag vreugde groei deur die jare. Hierdie jou dag, Toekoms wat wag, My liefste, my meisiekind. Jy gaan weg dis soos die lewe is. My meisiekind ek sal jou baie mis. Daar is plek in ons familiekring. Vir hom wat jou vreugde bring. Meisiekind dis jou huweliksfees. Ek sal nie huil, ek sal net vrolik wees. Hierdie môre reeds pêrelgrou. Word wakker lief, die toekoms wag vir jou. Vandag is jou troudag my meisie. Jy word 'n vrou my kind. Mag vreugde groei deur die jare. Hierdie jou dag, Toekoms wat wag, My liefste, my meisiekind. Vandag trou ma se meisie. En tog bly jy ma se kind. Ons liefde sal groei deur die jare. Hierdie jou dag, Toekoms wat wag, Vir mamma se meisiekind. Hierdie jou dag, Toekoms wat wag, Vir mamma se meisiekind.
Writer(s): Babs Pretorius, Janita Claassen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out