Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Karen Zoid
Karen Zoid
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Siegel
Siegel
Composer
Bernd Meinunger
Bernd Meinunger
Songwriter
Johan Stemmet
Johan Stemmet
Songwriter
Francois Henning
Francois Henning
Composer

Lyrics

Gee my 'n oomblik asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon en drome droom, wel
Gee my 'n oomblik en onthou van al daai dae
Was net 'n laaitie in die Vrystaat op die plaas, ja
Onthou daai dae van waatlemoen en potjiekos
Brandewyn en Coke om die probleme op te los
En Tannie Karika op die radio wat sing
En ons skree hard vir die Bokke om die beker terug te bring, ja
In hierdie land, wat my geluk bring
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land wat almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Gee my 'n oomblik asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon en al die drome wat ek droom, wel
Gee my 'n kans om te verduidelik hoe dit voel
Om met trots te sê ek's Afrikaans en dit te kan bedoel
Om 'n Bunny Chow te eet en die Madiba-jive te doen
Die Huisgenoot, Stellenbosch en Mannetjies Roux
Is die Cape Flats se kaptein Loftus toe?
Maak jou venster wawyd oop as jy Namakwaland toer
En voel die wind as jou land my roep
Asimbonanga
Asimbonanga uMandela thina
Laphe khona
Laphehleli khona
Asimbonanga
Asimbonanga uMandela thina
Laphe khona
La afela khona
Gee my 'n oomblik asseblief, laat ek jou wys
Hoekom noem ek hierdie crazy land nog steeds my huis
Dis 'n land van Goeie Hoop en Tassenberg
Die Ghoema in jou bloed en die kombers oor Tafelberg
Altyd gedroom om te kan wees soos David Kramer
En elke liewe Sondag is dit tyd vir die Onse Vader
Seën asseblief hierdie land waarin ons woon
Met vrede en liefde volop soos die sterre in die Klein Karoo
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land wat almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
I say eyi wena
Eyi wena, eyi wena nawe
Sofika nini la esiyakhona, la esiyakhona
Written by: Bernd Meinunger, Francois Henning, Johan Stemmet, Siegel
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...